Description
Eers toe die laaste skoot klap, ruk die reuk van kruit haar uit die donker waas. “Wat het ek gedoen? Ek moet vlug want vandag maak hy my dood…”
Straatengel HUISDUIWEL is ’n ware verhaal wat die gruwels van misbruik en mishandeling uitlig waaronder te veel kinders en vroue gebuk gaan. Sosiale maskers bedek die merke, die blywende pyn en hartseer, maar stille water, diep grond, onder draai die duiwels rond. Die storie laat jou na jou asem snak en jy dink: hoe kom ’n mens deur die soort misbruik?
Dit is nie net gruwel nie, maar bied ook hoop en praktiese raad vir slagoffers van gesinsgeweld, molestering en verkragting.


Reviews
There are no reviews yet.